" 'n Pass op 'n pap hart " deur DANIE MARAIS [boodskap #102923] |
Sun, 08 May 2005 20:50 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Pass op 'n pap hart
Danie Marais
Twee Vrydae gelede toe
-- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
maak 'n meisie 'n pass op my --
veral eers na sy gehoor het
dat ek van ver gekom het vir 'n ander vrou.
Sy sê dis wonderlik,
jy't jou hart gevolg.
O, as iemand so iets vir haar sou doen...
Sy sê sy's moeg om Sondae alleen wakker te word.
En ek sê maar ek's dalk bietjie dronk,
maar dit werkie so nie.
Die hart is 'n erdwurm --
jy kan hom nie volg nie.
Jy sny net stukkies wurm af,
aspris of per ongeluk,
en hulle sukkel-wriemel blind "weiter"
in die seesand van kleintyd
in ander tale
in jou ouma se Bybel
in jou ma'le se bedkassie
in ou girl friends se foto's
in ou vriende se bier ...
Ek sê snags assie huise asem-ophou luister,
hoe die maan ou geheime in kat-ore fluister,
weet jy die hart se brûe bly onverbrand,
selfs al woon jy ver in 'n an-
der land.
|
|
|
Re: " 'n Pass op 'n pap hart " deur DANIE MARAIS [boodskap #102958 is 'n antwoord op boodskap #102923] |
Mon, 09 May 2005 21:58 |
Julius Bergh
Boodskappe: 111 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 8 May 2005 16:50:33 -0400, "@rogers.com" wrote:
>
> 'n Pass op 'n pap hart
> Danie Marais
>
> Twee Vrydae gelede toe
> -- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
> maak 'n meisie 'n pass op my --
> veral eers na sy gehoor het
Dankie Tannie, dis mooi!
|
|
|